We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Einde van die wereld

from Woes by Leon Ecroignard; Marshall Harmse

supported by
/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $1 USD

     

  • Full Digital Discography

    Get all 3 Leon Ecroignard releases available on Bandcamp and save 35%.

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality downloads of Woes, Traffic Jams, and Optelgoed. , and , .

    Purchasable with gift card

      $9.10 USD or more (35% OFF)

     

lyrics

Intro
As my gedagtes saggies op die briesie le’
En ek dink hoe dinge behoort te wees
Dan droom oor hoe ek dit sou wou he’
Inplaas van die hopelose feite wat ek lees

Daar is ‘n pad wat ons moet loop
Die een met baie draaie en dorings op!
Wat lei na so‘n bietjie hoop
Van n wereld sonder te veel Konings op

Koor

Oh , kan jy sien dis nie net mietes en legends nie
Oh, dis nog nie die einde van die wereld se elendes nie?

Vers
My siel lê oopgevlek
soos‘n hond gevrek se bek
Hoop verstik aan realiteit
Kake klem sonder byt

Opgekou deur verwyt
Uitgespoeg en weggesmyt
Ek is verneder en sonder sent
Shongololo oppie koue sement

Verwagting prikkel en terg hoendervleis
Binnegoed bollamakiesie en ore druis
Drome geplak deur matgom geur
Maak duislig skuiling teen die weer

Koor
Ons verwoes ons planeet
“JA”
Soos ‘n suur wat oorborrel



“NEE”
vlees van die been af-vreet



“JA”
Siek tot diep in die korrel!



“NEE”

Vers
Behoefte gryp gorrel en wurg
Senuwees bliksemstraal deur my murg
Die lewe trek sy belt nou styf
Stil die skuddings in my lyf

Soos die sweet van my voorkop rol
Begin my bloed te stol
Ek voel die einde is amper daar
Daars n ou met n sekel wat na my staar

Koor

SOLO

Vers
Enigste plek vir n vakansie is die Noordpool
geen elektiesieteit want daar is fokol steenkool
5% van wereld populasie is nou vigs vry
terwyl almal in beskermde bobbles bly

Geloof is iets van die verlede
En daars bogger-ol wereld vrede
“Osama” die derde is presisent,
van die V.S.A. se parlement

Niemand kan meer hoor nie
Rockbands het nie n gehoor nie
Waterstof en atoom bomme
Verwoes die kinders se oor-dromme

La la la la………

Die pole is gesmelt en Durban is 3 Km onder die see
Al die olie is klaar & die aardkors gee mee
Die ozoon laag is nou permanent geskend!
Sonskerm Factor honderd is absoluut noodwendig

Vers

Want dis verlossing waarna ek smag
En ek hoor dat die mense my sien
Ek kan sien hoe hulle vir my lag
Is dit wat ek in my lewe verdien

SOLO

Die aarde draai om sy as
dis n mors van nog n dag
En ek staan voor die deur
In die laaste uur

En as die einde net nader was
O God gee my asseblief die krag!
En ek val op my kniee
En gooi my hande omhoog

Rap

Yo, Uh, Hm,
ek’s oppie maaik!

Heyta amma gents heyta amma gita’s
Ons musiek soek nie die gitaars
Kopdoek en baie los broeke
Plek vir n skietding goot soos n bazooka

Steel ons kultuur vannie U.S.A.
En die B.M. 3 series waarin ons ry
Almal dink hulle is gangsta’s
En ‘n sleg se is ‘n “Diss”

Koor
Maar die bloutrein ry weer vanaand
Voor oppie wa en vreeslik verwaand
Die bloutrein trek al ver
Iemand lawaai en ‘n draadloos blêr

Maar die bloutrein ry weer vanaand
Voor op die wa vreeslik verwaand
Die bloutrein trek al doer
Mense raas en die nag rumoer

Vers
Ons sing in die veld
En ons dans rondomtalie
Jy is my prinses en ek is jou held
Ons hou handjies vas
Voel so gelukkig
Soos n kind soos n kind op wielie walie
Die wereld draai om sy as…
Hy kyk om, en sien sy….alie?

Winkel sentrum PA

Aandag alle klante!
“Silver insulasie oorpakke is nou 2 vir die prys van een
En kom ruil jou suurstof silinders nou by die sigaret toonbank
Minerale water vandag , en vandag alleenlik,
drieduisend-vyf-honderd en tagtig miljoen rand per liter bottle!
En kry al die kanale van Mars op ‘n DSTV skottel”

Doem Dominee

Die aarde is verdoem
Selfs die derde wereld wil die planee vernoem
Ons is op n kop aan kop botsing met n meteoriet
En al ons pogings om dit te stop is verniet!

Maar as die laaste klokke lui
En almal gooi n appel en n ui
Is dit net jy en jou self om te verwyt
Alles verlore al is jy nou spyt!

einde
Wie de hel gee om
Of droom oor wat die toekoms hou?
Wat’s die sin van die mensdom
Wat’s die rede hoekom ons almal dit moet aanskou!

Hemel blou draai swart
Die weerlig bliksem hard
die horizon raak rooi
Soos die sampioen ontplooi

Donder druis dodelik
Wie is verantwoordelik
almal staar verblind
Strompel oor n dooie kind

alfa en die omega sal weet
Merk van n false profeet
Skarlaken engel van babilon
Die skares staan stil en stom

Vuur uit die bek van die draak
samesweering teorie’e wat kraak
Geeste en duiwels maal sewe
Voorspellings maak jou bewe

En alles word donker

credits

from Woes, released September 29, 2010

license

all rights reserved

tags

about

Leon Ecroignard South Africa

contact / help

Contact Leon Ecroignard

Streaming and
Download help

Report this track or account

If you like Leon Ecroignard, you may also like: